Epos adres *
Kontak nommer
1) Beskryf jou idée vir ‘n nuwe onderneming (ongeveer 50 woorde) *
2) Waar, wanneer en hoe het jy op die idée afgekom?
3) Verklaar baie duidelik waarom hierdie geleentheid nou vir jou bestaan?
4) Verduidelik hoe die 'venster van geleentheid' oopgegaan het en hoe lank verwag jy sal dit oop sal bly?
5) Watter faktore het gehelp om geleentheid wat bestaan daar te stel?
6) Gee ‘n akurate beskrywing van die produk of diens wat jy wil verkoop.
7) Indien jou produk of diens reeds algemeen beskikbaar is, verduidelik wat jou produk van ander sal onderskei.
8) Gee redes waarom jy die marknis wat jy wil betree, gekies het?
9) Verskaf ‘n profiel (beskrywing) van jou vernaamste kliënte.
10) Waarom sou hulle jou diens of jou produk koop? Hoe kan hulle daaruit voordeel trek?
11) Bestaan daar beter alternatiewe van jou produk of diens vir jou kliënte?
12) Is jou kliënte toeganklik? Is hulle lojaal teenoor hul handelsmerke of verskaffers?
13) Hoe sou jy jou kliënte bereik – aanlyn (internet), regstreeks, deur kleinhandelaars, deur groothandelaars of deur vervaardigers se verteenwoordigers of makelaars of deur katalogusse?
14) Wat is die verwagte lewensiklus van jou produk of diens? Kan jy nog produkte of dienste byvoeg wat saam met die kernproduk verkoop kan word?
15) Wat is die mark se kenmerke? Is dit ‘n opkomende bedryf? Is die mededinging gefragmenteerd?
16) Gee ‘n raming van die markgrootte en die koers waarteen jy verwag dit sal groei.
17) Indien jy beplan om ‘n produk te vervaardig, doen ‘n raming van die vlak van elkeen van jou mededingers se vervaardigingskapasiteit.
18) Doen ‘n raming van die markaandeel wat jy verwag om in elke jaar van die eerste vyf jaar te verower. Watter aandeel van die mark gaan jou mededingers besit?
19) Beskryf jou produk of diens se koste struktuur en hoe dit oor ‘n tydperk sal verander.
20) Stel ‘n realistiese beraming van jou kapitaalvereiste vir die eerste vyf jaar op.
21) Glo jy in jou produk of diens? Hoe reageer jy wanneer ander jou idée kritiseer? Het jy die dryfkrag?
25) Hoe hanteer jy stres? Verbeter dit jou werksverrigting?
26) Watter finansiële, loopbaan- en persoonlike risiko’s word geneem indien hierdie geleentheid nagejaag word? Is jy bereid om berekende risiko’s te loop? Is die vergoedings die risiko werd? Is jy bereid om die sprong te waag?